Gnocchi het sy oorsprong uit Noord-Italië waar die kouer klimaat perfek is vir die groei van aartrappels.
Gnocchi is amper iets soos wat ons ken as kluitjies (dumplings) wat dit natuurlik nie eg-Italiaans maak nie. Hul ligte tekstuur en vol-aartappelsmaak maak dit perfek as basis vir enige pasta wat opsigself ‘n lang geskiedenis het as deel van die Italiaanse koskultuur.
Gisteraand toe maak ek vir ons Gnocchi met Chorizo, peer en bloukaas. Ek het my bestandele gebraai in Moscato; ook ‘n wyn wat sy oorsprong uit Noord-Italië het.
Moscato is lig in alcohol en effens soet, wat dit eintlik ‘n nageregwyn maak, maar die soet breek lekker die sout van die Chorizo.
Gnocchi met Chorizo, Peer & Bloukaas (met Moscato)
Kry die…
1. As jy kans sien om Gnocchi self te wil maak, kry vir jou. Ek koop sommer by die deli ‘n pak van 400g.
2. 1 e Olyfolie
3. 1 klont botter
4. 1 Ui, rof gekap
5. 10 cm Chorizo in blokkies gesny.
6. 2 Knoffelhuisies, gekap
7. 100g Bloukaas
8. 1 Peer, in blokkies gesny
9. Vars Pietersielie
10. 150 ml Moscato-wyn
Maak so…
1. Bring ‘n pot water tot kookpunt en kook die Gnocchi volgens die instruksies op die pak. Dreineer.
2. Kry vir jou ‘n matige vlam en smelt die botter en olie in ‘n pan. Braai die ui bietjie tot hul lam is, maar nie bruin. Voeg knoffel by. Braai nog so bietjie.
3. Gooi jou Chorizo en Peer by en braai vir so 3 min. Gooi nou jou Moscato by en prut tot die meeste wyn verdamp het.
4. Krummel die kaas by tot gesmelt.
5. Gooi jou Gnocchi by en roer lekker deur.
6. Skep op in bakkies. (myne het ek omgekeer om ‘n mooi vorm te kry)
7. Gooi Pietersielie oor vir kleur.

My slaai is vars vrugte met Danish Feta en bietjie balsamiese-asyn en druiwepitolie.
Lees meer van ons kos redakteur
1. Eendboudjies Met Patat-Pie Op Bessie Compôte
2. Lancewood Buttermilk Rusks