I Mean… who Does Not Like Milktart?

Ladies & Gentleman… Ons stel bekend die fashionista van smaak, die gasheer van die partytjie, die verskaffer van fyngebak en die liefde vir ‘n “Lekker ding”!

I Mean… who Does Not Like Milktart?

I Mean... who Does Not Like Milktart?
‘n Heerlike roomlikeur met gegeurde melktert propvol vanielje, beskuitjies en kondensmelk geure.

MELKTERT-JAFFEL I Mean… who Does Not Like Milktart?

I Mean... who Does Not Like Milktart?

Bestandele vir Vulsel:

– 1 000 ml melk
– 6 eiergele
– 5 ml kaneelsuiker
– 250 g strooisuiker
– 40 g mielieblom
– 40 g koekmeel

Bestandele vir Kors:

– 12 snye sagte witbrood
– botter vir smeer
– 100 g strooisuiker
– versiersuiker vir oorsif
.
Maak Vulsel:

– Bring melk tot kookpunt.
– Klits eiergele, kaneel, suiker, mielieblom en meel tot gladde mengsel.
– Gooi helfte van warm melk by eiermengsel en roer tot gladde mengsel.
– Gooi mengsel deur ‘n sif by res van melk in pot.
– Plaas oor matige hitte & roer met ‘n draadklitser tot dik romerige mengsel vorm (soos jy witsous sal maak).
– Hou aan roer oor hitte vir sowat 5 minute of tot mengsel blink voorkoms het & gaar is.
– Skep uit pot & plaas bakpapier direk op mengsel.
– Laat afkoel.

Maak Jaffel:

Genoeg vir 6

– Smeer brood met botter aan een kant.
– Plaas sny brood in jaffelpan met gesmeerde kant na onder.
– Skep lepels vol van koue melktertvulsel op brood.
– Plaas tweede sny brood bo-op met botter kant na buite.
– Sprinkel bietjie suiker op die brood.
– Maak pan toe & sny brood wat oorhang netjies af.
– Braai oor hoë hitte vir sowat 1-2 minute per kant of tot goudbruin.
– Haal uit pan & herhaal met res van die brood & vulsel.
– Sif versiersuiker oor en sit louwarm voor.

Kyk ook na hierdie lekker resepte met Melktert-vulsels van Liquid Bakery & Co

Cinnamon sugar pancakes with a creamy milk tart filling
Milk tart Milkshake
Milktart Samoosas
Chocolate Melktertjie Milktart
Milktart Ice Cream
Missionary Milk tart

Lees hier meer van ons BLOSS Kos Redakteur

 

Tobi Jooste
Tobi Jooste

Books & Food Editor

Tobi Jooste is known as singer, TV presenter, model, successful businessman, enthusiastic traveler and writer. He has six music albums, a DVD and his second book, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, currently being a top seller. His Ant Molla section is where he writes his heart out.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.