Semolina Gujiya – Ook bekend As Taystee Half Moons

Met Diwali wat hierdie naweek plaasvind, het ek gedink om ‘n resep te deel wat eie is aan hierdie feestyd. As jy dalk nog min van Hundu-feeste gehoor het, is daar beslis een wat jy al van moes hoor, en dis Diwali. Dit vind plaas Saterdag, 14 November.

Diwali staan bekend as die fees van liggies; ‘n vyfdag fees wat die geestelike oorwinning van lig oor die duisternis simboliseer.

Semolina Gujiya – Ook bekend As Taystee Half Moons

Behalwe dat daar baie liggies betrokke is, vorm lekker eet deel van hierdie feestelikheid.

Ek deel ‘n lekker resep vir almal om te maak en wil hiermee vir ons vriende wat hierdie fees deel van hul kultuur en geloof vorm sê, Gelukkige Diwali.

Semolina Gujiya – Ook bekend As Taystee Half Moons

Semolina Gujiya – ook bekend as Taystee Half Moons – die resep deur Derusha Naidoo. Derusha het dit gedeel na haar ma se dood en het die vulsel so bietjie haar eie gemaak.

Bestandele

  • 1.5 k self-raising meel
  • 3 t botter
  • 0.5 k melk
  • 0.5 k Jungle Taystee Wheat
  • 0.5 k klapper, fyn gerasper
  • 1 k strooisuiker
  • 1 e cardamompoeier
  • 0.5 t nutmegpoeier
  • 0.25 k gekapte cranberries
  • 0.25 k pecan nuts
  • Olie vir diepbraai

STAP 1: Maak die Sojivulsel

  1. Maak ‘n dikboompan warm en gooi 1 t botter in. Gooi dan die Jungle Taystee Wheat by.
  2. Braai dit tot ligbruin van kleur en voeg die klapper by.
  3. Sodra dit als gebraai het, haal uit die pan en plaas eenkant in ‘n glas- of plastiekbak.
  4. In daardie bak, meng dan die suiker, neute, nutmeg en cardamom by en roer goed deur. Laat dit effens afkoel.

STAP 2: Nou die skulpvormige degie

  1. In ‘n bak, voeg die meel, bietjie sout en 2 e botter by. Voeg die koue melk by en stadig maak vir jou ‘n deeg tot jy ‘n lekker ferm bal in jou hand het.
  2. Rol jou deeg lekker uit (strooi meel oor indien nodig) en druk vir jou ronde vormpies uit. Skep ‘n klein bietjie vulsel in die middel en vou oor en druk met ‘n vingers dit dit mooi toe sodat dit soos ‘n klein pastytie lyk soos ons dit ken.
  3. Jy kan beitjie melk gebruik om die kante nat te maak sodat dit aan mekaar vaskleef.
  4. Diepbraai dit in warm olie tot goudbruin en dreineer op handdoekpapier. Laat afkoel en geniet dit!

Stap vir stap fotos hoe om die skulpvormige degie te maak

 

Kliek hier vir meer reepte en wenke van ons BLOSS Kos Redakteur

Tobi Jooste
Tobi Jooste

Books & Food Editor

Tobi Jooste is known as singer, TV presenter, model, successful businessman, enthusiastic traveler and writer. He has six music albums, a DVD and his second book, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, currently being a top seller. His Ant Molla section is where he writes his heart out.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.